Noag se boodskap vandag

Noag is gered deur geloof
in dit wat God vir hom beloof. (Heb 11:7)

Die ander het geƫet en gedrink en getrou
en nie op God se beloftes vertrou.
Noag was veilig agter die ark se deur
die ander is deur die vloed weggesleur.

Niemand weet wanneer is die uur,
wat God sy Seun weer aarde toe stuur.
Vir party is Hy die Ingang, die deur.
Ander het die kans op redding verbeur! (Mat 24:36-42)

Tydens jare se bou van die ark is God se genade verset.
Die gevolg was dat net agt mense is deur water gered.
Jy is met water gedoop sodat jy kan onthou:
Christus het die dood oorwin en so red Hy jou! (1 Pet 3:18-22)

Jy word gered deur jou geloof:
Hou vas aan wat God jou beloof! (Heb 11:7)