God het die negende gebod gegee:
Jy mag nie vals getuienis gee (Ex 20:16).
Die slang wou van Eva weet:
“Mag julle nie van die vrugte eet?” (Gen 3:1)
So het die vader van die leuen (Joh 8:44)
hul ontneem van die paradys se seën.
Die Satan verklaar die stryd
teen geloof in die waarheid.
Jesus het self verklaar:
“Ek is die bron van alles waar.” (Joh 14:6)
Uit die see kom daar ‘n dier
Om mense te kom verlei, ook hier.
As hulle maar net die leuen wil glo,
kan ons keer dat hulle gaan na bo… (Op 13:13-14)
Maar daar kom ‘n finale uur
wat die leuen bestem is vir die vuur.
Die wat dan steeds glo,
het toegang na Hom daarbo. (Op 20:10)
Sy Woord is betroubaar en waar: (Op 21:5)
Daarin word die waarheid verklaar.
Die gebrek aan wat jy daarvan weet,
is die rede vir al jou leed… (Hos 4:6, 1953).
Voorheen is jy deur die leuen verteer,
maar nou het jy die waarheid geleer.
Maak met alle valsheid klaar,
sodat mense die Waarheid gewaar. (Ef 4:22-25).
Jou tong kan soos ‘n vuur verteer,
as jy nie jou woorde kan keer. (Jak 3:6)
Maar daar waar dit liefde verklaar,
is daar vreugde oor alles waar. (I Kor 13:6)