‘n Volk deur jaloesie

Jakob:
U het gesê ek kan met Ragel trou
toe gee u Lea as my vrou?! (Gen 30:25)

Laban:
Die jongste mag nie voor die oudste trou.
Wag ‘n week dan kry jy Ragel ook as vrou. (Gen 30:26)

Ragel:
Ek is harsteer en broos
want ek is kinderloos. (Gen 29:31)

Jakob:
Ragel is my hart se punt
maar Lea baar my eerste kind… (Gen 29:30,32)

Lea:
Ruben, want God het my smart gesien.
Nou kan ek Jakob se liefde verdien.
Simeon, want die Here hoor:
Jakob trek vir Ragel voor.
Levi is my derde kind:
Dit sal Jakob aan my bind.
Juda, ‘n seun die vierde keer,
daarom prys ek die Heer! (Gen 29:32-35)

Ragel:
Vat Bilha, my slavin as vrou
deur haar gee ek ‘n seun vir jou.
U seuns Naftali en Dan
kom nou van hierdie plan. (Gen 30:3-8)

Lea:
U het my slavin Silpa as vrou gevat
en so kry u die seuns Aser en Gad. (Gen 29:9-13)

Lea:
Vanaand moet u my kom haal
want ek het met appels betaal. (Gen 30:16)
Ek het Isaskar en Sebulon gekry:
Nou sal my man by my bly?

Ragel:
Uiteindelik verwyder God my skande.
Hier lê Josef in my hande. (Gen 30:22-24)
Die twaalfde seun Benjamin oplaas,
nou kan ek die laaste asem uitblaas… (Gen 35:18)

Deur jaloesie en stryd kry Jakob ‘n gesin,
maar God gebruik dit om die volk te begin.
Vir onderlinge liefde was daar nie spasie,
maar die seuns word stamme van die nasie.

Israel het hul rug op God gekeer
maar heidene het hulle bekeer.
Deur jaloesie laat God Israel besin
en kon hulle weer nuut begin. (Rom 11:11-14)

Ons sien in God se gebod
Hy is ‘n jaloerse God,
met die boodskap daarin vir jou:
Hy verwag onverdeelde trou. (Eks 34:14 1953 en 1983).

God het uit liefde jou kom red,
so, laat liefde jou hart kom beset
dat dit nie meer plek vir jaloesie het.
Liefde is die uitvoering van die wet. (Rom 13:10, I Kor 13:4-7, 1953).

Jaloesie maak jou ook soms seer,
maar onthou God is in beheer.
Hou die eindpunt in die oog:
Daar waar Hy die trane afdroog! (Op 21:4)