’n Nuwe naam

Oppad terug na sy land
op die Jabbok se rand,
het Jakob met God gestry
en Israel as naam verkry. (Gen 32)

Jakob, wat die betekenis van bedriër het,
verander na Israel wat beteken: God red!
Elke sondaar wat vir Sy Naam stry,
sal eendag ook ’n nuwe naam kry! (Op 2:17)

Hoe moet ons verstaan
dat ‘n mens God verslaan?
Maar wat jy moet onthou:
Jesus verneder Hom vir jou:

Dieselfde gesindheid moet in ons wees
wat ons van Jesus Christus lees:
Hy het sy verhewe Godgelyke bestaan
verlaat en is my spykers vasgeslaan. (Fil 2:5-8)

Daarom het God hom vereer
en is sy Naam: Jesus die Heer!
So moet jy ook jou knie buig
en tot eer van God die Vader juig. (Fil 2:9-11)