Johannes vertel net van sewe wonders altesaam
sodat jy kan glo Jesus is die Christus
en dat Hy die Seun van God is
en deur te glo die lewe kan hê in sy Naam. (Joh 20:30-31)
As jy versigtig deur sy boek lees sal jy opmerk
dat hy elke keer ‘n geestelike betekenis inwerk.
Hy onthul die vrou by die put se ware pyn
Ek is die lewende water – ‘n fontein.
Hy gee ‘n blinde sig
en sê: “Ek is die Lig”
Hy wek Lazarus uit die dood op
“Ek is die lewe”, merk hy dan op.
Vyfduisend mense het aan vyf brood gesmul
Die brokstukke het twaalf mandjies gevul.
Maar vir vyf kort verse binne die brood wonder
word ‘n ander wonderwerk uitgesonder:
Die dissipels het alleen oor die see gevaar
maar donkerte oorval hulle toe daar…
Hulle het die onstuimigheid ondervind
van die see se stormagtige wind. (Joh 6:16-18)
Op die see sien hulle Jesus toe aangeloop kom
Hulle was eers bang vir Hom.
“Dit is Ek, moenie vrees!”
en onmiddelik was die skuit in die hawe gewees! (Joh 6:19-21, 1953)
Geen verder geestelike verduidelik,
die wonder stop net plotseling
en vir nog vyftig verse gaan die hoofstuk aan
sodat jy Jesus as die brood van die lewe verstaan.
Die meeste het egter nie die boodskap verstaan
en het omgedraai en huistoe gegaan…
Jesus vra toe die twaalf: Wil julle nie ook weggaan?”
Simon Petrus antwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan?
U het die woorde wat lewe gee!
Ons glo vas en ons weet
dat U die Heilige van God heet.”
En tog dink Judas in sy kop: Nee… (Joh 6:55-71)
Manne van God, julle wat My Woord bedien,
Ek wil dat julle vandag hierdie boodskap sien:
Skep moed as julle so hard werk
maar steeds verlaat baie die kerk.
Hierdie hoofstuk wil jou leer
dit het met My ook gebeur.
Maar as julle twaalf my as Brood aan duisende bedien
bly daar twaalf mandjies – een vir elk, onverdien.
As die stormwind jou laat twyfel aan jou hoop
Onthou: Ek is die Een wat op water loop.
Nooi my in jou sinkende boot met oorgawe
dan sal jy vind jy is dadelik in My veilige hawe!