‘n Goeie dienaar van Christus Jesus

Die Gees het van die eindtyd gesê en beloof
dat sommige afvallig sal word van die geloof.
Misleidende geeste sal hulle denke vasvang
en hulle sal bose geeste se leerstellings aanhang. (I Tim 4:1)

Hierdie dwaalleeraars se gewete is toegeskroei
en wil hulle met huweliks- en kos reëls bemoei.
God het voedsel vir gebruik oorspronklik goed gemaak
en dit kan weer deur woorde en gebed geheilig raak. (I Tim 4:2-5)

Hou aan die broers voor, alles in die Skrif beloof
en voed jou met die woorde van die geloof.
Van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly,
oefen liewers om toewyding aan God te verkry. (I Tim 4:6-7)

Om jou liggaam te oefen het wel bietjie waarde,
maar toewyding aan God het in alle opsigte waarde,
want dit bevat ‘n belofte van lewe vir ons –
vir nou maar ook vir die toekoms. (1 Tim 4:8)

Die betroubare Woord is waar –
jy kan dit sonder voorbehoud aanvaar. (1 Tim 4:9)

Met hierdie vooruitsig span ons ons kragte in:
Met ons hoop op die lewende God wat alles begin.
Hy is die Verlosser van alle mense,
die vervulling van almal wat glo se wense. (1 Tim 4:10)

Gemeente, op sy jonkheid sien julle nie neer!
Timoteus, dié dinge moet jy hulle beveel en leer.
Wees ‘n voorbeeld in woord en gedrag,
met liefde, geloof en reinheid elke dag. (I Tim 4:11-13

Jy moet jou daarop toelê
om die Skrif te lees en uit te lê.
Let op jou lewe en leer
sodat die wat luister hul bekeer. (I Tim 4:15-16)