God is die bron van standvastigheid,
streef daardeur na eensgesindheid.
Gee so deur een mond lof en eer
aan God die Vader van Jesus ons Heer. (Rom 15:5-6)
Christus het jou mos aanvaar,
aanvaar daarom ook mekaar.
Ek beklemtoon weer:
Dit lei tot God se eer. (Rom 15:7)
Christus het die waarheid onthul
deur God se beloftes te kom vervul
en ook dat dit vir alle nasies sou wees.
Mag julle geloof sterker word deur die Gees! (Rom 15:8-13)
Julle moet die uitgesprokenheid van my brief so sien:
Dis my priesterlike taak om die evangelie te bedien,
sodat daar uit die heidene ‘n offergawe mag wees,
aanneemlik vir God, want hulle is geheilig deur die Gees. (Rom 15:14-16)
In Christus is ek trots oor wat ek kon verrig:
Hy het deur my baie gemeentes gestig,
met woord, daad, tekens en wonderwerke.
Deur die Gees was daar net geen perke.
Ek het nie op ander se fondamente gebou,
maar die evangelie aan heidene toevertrou. (Rom 15:17-21)
Onder die gemeentes het ons geld vergaar
om te vat na Jerusalem vir die armes daar.
Daarna wil ek na Spanje toe reis,
oppad kom ek by julle aan huis. (Rom 15:22-29)
Julle moet biddend saam met my stry,
dat ek my dinge in Jerusalem gedoen sal kry.
Vrede vir almal wat hier lees,
want God sal by julle wees! (Rom 15:30-33)
Leave a Reply