O God, U wat op U hemeltroon sit:
U is die regeerder in heilige wit.
U seën ons hier op aarde
met dinge van onskatbare waarde.
U hemeltroon is so volmaak,
maar U gee ons stoele vir ons taak.
My ma is soos ‘n uitskop leuenstoel:
As kind kon ek daar sit en veilig voel.
My pa-stoel was meer soos in ‘n bioskoop:
Die lewe is vol van begunstiges wat in kon loop
en op die sagte stoele in verwondering staar
na die wysheid wat die skerm vir jou verklaar.
Dankie, o genadige en almagtige Heer
vir wat dié stoele my vandag nog leer:
Soms is ek in die reisiekar se stoel
om by te hou met die lewe se gewoel.
Ander kere op ‘n harde fiets se saal
moet ek die reisies se einde probeer haal.
Maar dis juis dan wanneer ek die uitskopstoel onthou
wat maak dat ek U Woord oop kan vou.
En dan soos in die ou dae op haar skoot
gee U vir my die daaglikse brood.
Elke dag moet ek op die eetkamerstoel sit
en as leier van my gesin U seën afbid.
Baie is ek in besige snelweg verkeer
en moet vanaf my karsitplek navigeer.
‘n Kantoorstoel moet my dra
as personeel my leiding vra…
Al hoe ek dit vol kan hou
is om die bioskoopstoel te onthou.
Jare se leiding en wysheid van my pa
wat my deur al die dinge dra.
O God, hier op aarde sou ek nie vir beter kon vra:
U rus kom deur twee stoele wat my dra.
Dit wil my ook op die toekoms wys
na my spesiale stoel in U huis.
Ek is deel van U uitverkore volk
en kry ‘n leuenstoel gemaak van wolk.
In hom kan kan ek in ongeloof staar
na U op die hemeltroon daar!
U het twee stoele vir my geleën.
wil U hulle in hierdie dae seën.
En waar ma vandag verjaar
wees in besonder so met haar.