God: “Moeg, maak julle My.”
Volk: “Hoe het ons dit reggekry?”
“Julle het gekla:
‘God hou van mense wat doen wat Hy verbied.’
Julle het gevra:
‘Waar is die God wat reg moet laat geskied?’ ”
Ek gaan my boodskapper vooruit stuur.
Na die tempel kom ek in daardie uur.
Dis die Verbondsengel waarna julle vra,
maar gaan julle Sy regspraak verdra?
Soos iemand wat silwer smelt,
gaan ek julle louter en vergeld.
Volk: “Watter nut het dit om God te dien?”
God: “Ek hoor en gee ag, al kan julle nie sien:
‘n Gedenkboek met name van die wat My eer,
My kosbare besitting as Ek ingryp!”, sê die Heer.
Soos in ‘n oond sal hul brand op dié dag!
Maar die wat in eerbied op My bly wag,
kry genesing uit die son wat redding straal
en sal vrylik bokspring in die kalwerkraal!