O genadige God en Heer,
aan U kom toe alle eer!
My passie was altyd my werk
en ‘n groot dryf by die kerk…
Ek sit ook altyd baie in
vir my kosbare gesin.
Maar ten spyte van dit was ek verlore,
want ek was nie wedergebore…
Ek het die Bybelse lerings met my brein verstaan,
maar ten diepste het dit oor myself gegaan.
Mense het van buite ‘n mooi voorbeeld gesien
‘n nuttige lewestyl om mý begeertes te verdien.
Maar U, o God het my omgekeer
en my die ware gebed kom leer,
Nie: “My werk, my kerk en gesin: Gee meer en meer…”
Nee: “Jesus verander my om U bo alles te begeer.”
As ek nou U Woord lees
met die bril van die Gees
word U Seun, as kosbaarste skat, die rede
vir lewenspassie, vreugde en vrede!
O genadige God en Heer,
aan U kom toe alle eer!
Leave a Reply