Wees lief vir jou Christen broer
en gasvry as ‘n vreemdeling inloer,
Behandel gevangenes asof jou ook daar
en wees in die huwelik getrou aan mekaar. (Heb 13:1-4).
Julle moet geldgierigheid verset:
Wees tevrede met wat jy het! (Heb 13:5)
Die Here sal jou nooit verlaat
wees daarom nie bang vir ’n ander se daad. (Heb 13:6)
Onthou in elke dag se velle stryd:
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. (Heb 13:8).
Julle moet jul tot Hom bekeer
en julle nie laat meevoer deur ‘n vreemde leer.
Laat jou hart deur Sy genade versterk
en nie deur gewoontes in die kerk… (Heb 13:9)
Offerdiere word buite die laer verbrand,
so was Golgota ook aan die stad se buitekant.
Gaan daarom ook uit om die smaad te dra
en bring vir Hom die offers wat hy vra:
‘n Offer van lof wat Sy Naam bely,
want deur Sy bloed is jy bevry.
Moenie nalaat om goed te doen
dis offers wat jou met God versoen. (Heb 13:12-16).
Mag God jou in Sy wil versterk
en so toerus vir elke dag se werk.
Mag Hy jou vir Hom aanneemlik maak
en sy genade by jou wees in elke taak. (Heb 13:21,25).
O God, laat my hele lewe ‘n erediens wees:
Een waarin ek oorloop van liefde deur U Gees,
sodat ek U genade deur my offers na hulle toe dra,
wat in swaarkry in gebed na U hulp bly vra.
Leave a Reply