Vir vierhonderd en dertig jaar
het die volk vermeerder daar. (Eks 1:7, 20)
So vul hul feitlik Egipteland,
so baie soos die see se sand! (Gen 12:2, Gen 32:12)
Farao het vir hulle begin skrik
en hulle as slawe onderdruk. (Eks 1:11)
Toe dit steeds blyk dat hy die stryd verloor,
gee hy opdrag om die seuntjies te vermoor. (Eks 1:22)
God het reeds anders bepaal,
en Moses is uit die mandjie gehaal.
Hy is in die koning se paleis opgelei (Eks 2:1-10)
onwetend dat hy eendag die volk sou lei…
Vir veertig jaar in die woestyn,
moes hy oorlewingskuns verfyn. (Eks 2:21)
God was besig om hom voor te berei
om ‘n hele volk deur die woestyn te lei.
Moses het Christus groter rykdom geag
as die kortstondige paleis en gelag.
Hy het veertig jaar volhard en God gedien
soos iemand wat die Onsienlike sien. (Heb 11:24-27)
God is ook besig om jou voor te berei,
maar probeer jy Chritus of eie rykdom kry?
Wonder jy ook hoekom is jy in die woestyn?
Jy moet volhardend opkyk in jou pyn.
Intussen het die volk gekerm en gekla
en tot God gebid en verlossing gevra.
God het gehoor hoe die gebede klink
en aan sy verbond met Abraham gedink. (Eks 2:24-25)
God het die nood van die volk gesien,
ja, swaarkry wat hulle nie verdien…
Hy het dit ter harte geneem:
Tyd om hulle na Kanaän terug te neem! (Eks 3:8)
In jou sondeslawerny:
Bid tot God – Hy bevry!
Hy bly altyd hoor en sien
en gee ‘n land wat jy nie verdien!
Leave a Reply