Ek het die monster in stukkies geslaan,
maar elke stukkie het weer opgestaan.
Oop bekke en skerp tande wat grynslag
voor my ‘n vreesaanjaende weermag…
Here, self kan ek nie meer
ek weet nie meer waar om te keer
U moet nou in hierdie uur
hulp na my toe stuur!
Here, U stuur ‘n sewe jarige kind –
wat se hulp kan ek in hom vind?
Die monsters het sy ouers verskeur –
U maak my las net meer?
Oom, kniel hier saam met my
ek wéét die Here maak mens vry.
My pappa het sterwend so bely
en gesê: Wat ookal ek bid sal ek kry.
Biddend buig ons toe daar
met ons hande in mekaar.
Ons sien toe ‘n engele leërskaar
en die monsters nêrens te gewaar…