My oë het nie donker kringe,
ek is nie besorg oor groot dinge. (Ps 131:1)
Op Moedersdag het ek vrede
en hierdie is die rede:
In my kinderdae het my ma
my met rus en kalmte gedra, (Ps 131:2)
en so my die beginsel geleer
om tevrede te wag op die Heer… (Ps 131:3)