Metamofose

O Here, ek het van U vergeet
en gulsig blare van rykdom gevreet.
‘n Wurmagtige bestaan,
waar alles net oor myself gaan.

U gebruik nou ‘n virus om my te stop…
Al is ek spartelend besig om daarteen te skop,
het U my in ‘n kokon toegeweef,
waar ek nou ingeperk moet leef…

Ek bely ek het op ander dinge vertrou.
Here God, ek smeek: Verander my nou:
Gee my skoenlapper vlerke in volle kleur
sodat almal wat dit sien net U sal eer.

Laat my uitbundig na U blomme dartel,
hulle wat ook vir voortbestaan spartel,
want die lewenstaak wat U my opdra
is om stuifmeel van U Woord na hul te dra.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading