Mens ontrou, God getrou

Byvrou
ontrou.
Haar gaan kry
oorgebly.

Gibea veilig?
Onheilig…
Verkrag.
Doodsnag.

Opgesny.
Versprei.
Gruweldaad:
Ons moet praat!

God gehoor.
Geveg verloor!
Berou.
Vertrou.

Vyf en twintig duisend lewens verloor.
Net ses honderd by die rots oor.
Geen vroue.
behoue.

Bet-El berou.
Altaar gebou.
Jabes ontrou
vat hul vrou.

Meisies dans.
Gebruik die kans.
Gryp ‘n vrou
om stam te bou…

Geen koning.
Eie woning.
Waaroor die betoog?
Reg in my oog!

Mens sonde.
Jesus wonde.
Mens ontrou.
God getrou.