Geld, geld en nog geld!
Al vat dit ook geweld.
Niemand kan ons keer:
Ons soek net meer en meer!
Groei is ons hoogste strewe,
vergeet van die personeel se lewe…
As ons skree sal hul bewe,
as hul faal sal ons nie vergewe.
Wat ons jaag is kontant,
al moet ons siele verpand.
Sukses word gemeet in Rand,
sente meer as die see se sand.
Ons soek niemand se guns,
nee, net groter en groter wins.
Al moet ons op verskaffers trap
of hul uitdraai soos ‘n lap.
Al is dit nie heeltemal reg,
voel ons glad nie sleg.
Eintlik voel ons ‘n veer,
want ons kry wat ons begeer.
Ons sukses verdien ‘n wyn,
al lĂȘ agter ons net pyn.
Vergeet al ons venyn
en klink ‘n glasie sjampyn.
Hier eenkant staan mens verward:
Hul optrede so koud en hard.
Is daar dan geen liefde in hul hart?
Besef hul nie hoe hul U tart?
Niemand kan ons keer:
Ons soek net meer en meer
Ja, al wat ons begeer,
is om in alles U te eer!