Markus – wonderwerke

As Hy van bose geeste kan genees (Mark 1,24,27)
moet Hy van God af wees!

Hy het baie siekes se kwaal
uit hulle uitgehaal (Mark 1:33)

As U wil kan U my gesond maak (Mark 1:40,41)
Jesus het hom aangeraak…

Deur die dak laat sak vir lewe (Mark 2:5)
“Jou sondes word jou vergewe!”

‘n Gebreklike hand het Hy genees – (Mark 3:5)
die Sabbat sou nooit weer dieselfde wees…

Jesus het baie mense gesond gemaak (Mark 3:10)
Hulle het Hom oorval om aan te raak.

Die skuit het in die storm in gevaar (Mark 4:39)
Jesus bestraf dit: Hou op! Bedaar!

Die geeste het in die varke ingevaar (Mark 5:12)
en die besetene het bedaar.

Gered deur jou geloof (Mark 5:34)
“Genees” het Hy beloof.

U dogtertjie het doodgegaan… (Mark 5:35,41)
“Ek sê vir jou” Staan!”

Hy het vyf brode en twee visse verdeel (Mark 6:38,
vir vyf duisend was die kos te veel!

Jesus loop op die see (Mark 6:49.50)
“Dit is Ek”, deel Hy mee.

Deur net te raak aan die soom van sy kleed (Mark 6:56)
is die siekes genees van hul leed.

Die Griekse vrou se dogtertjie is genees (Mark 7:28)
want krummels onder die tafel was genoeg gewees

‘n Vinger in die dooie man se oor gesteek (Mark 7:33)
en hy kon weer hoor en spreek!

Net sewe brode kon hul kry, (Mark 8:5)
maar duisende het genoeg gekry

Vir genesing was dit genoeg (Mark 8:23)
dat Hy op sy oë moes spoeg.

“Dit kan as jy glo”, het Hy beloof (Mark 9:23)
“Help my in my ongeloof!”

“Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!”
En van sy blindheid is hy bevry. (Mark 10:48)

Die vyeboom het Hy vervloek (Mark 11:21)
Niemand kon weer daar vye soek.

Die grootste wonder in hierdie boek
is vir jóú wat verlossing soek:
Julle soek verniet op hierdie plek (Mark 16:6)
Hy is uit die dood opgewek!

Hier is My laaste wens: (Mark 16:15)
Verkondig die evangelie aan elke mens.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading