Kom ons jubel tot eer van die Heer.
Laat ons juig oor die rots waar ons redding vind.
Laat ons na Hom toe gaan met lof en eer,
want ons is die Here, die magtige, se kind. (Ps 95:1-7).
As julle vandag maar na Hom wou luister… (Heb 3:7)
Moenie hardkoppig wees soos destyds in die woestyn:
Julle voorvaders het My geduld beproef
en vir veertig jaar was hulle daaroor bedroef.
Ek het hulle rus vir ewig laat verdwyn… (Ps 95:8-11, Heb 3:7-11).
Solank daar nog ‘n vandag is, spoor mekaar aan… (Heb 3:13)
Ons behou ons deel as ons enduit volhard
en God nie hardkoppig in ongeloof bly tart.
Die volk het destyds deur hul ongeloof
hulle ewige rus verloor wat God beloof. (Heb 3:12-19).
Die belofte van rus is nog van krag, glo dit vandag (Heb 4:1,7).
As jy die ewigheidsrus se boodskap verstaan
beywer jou dan om in daardie rus in te gaan. (Heb 4:6-11)
God het van Sy werk gerus op dag sewe
so wag daar rus vir jou in die ewige lewe! (Heb 4:3-4, 9-11).
As julle vandag maar na Hom wou luister… (Heb 3:7)
Die skerp tweesnydende swaard blink
en kloof oop wat jy bedoel en dink…
Ja, die skalpel van die Woord opereer
om jou te herstel na God se eer.
Jy hoef nie die dag van rekenskap te vrees,
want die sprekende God genees! (Heb 4:12-13).
Gaan jy vandag nog daarna luister?