Jerobeam het besef dat die tempel in Jerusalem staan
en dat die volk vir offers daarheen sou gaan
So, om te keer dat hulle van hom afvallig sou raak
het hy vir hulle kalwerbeelde in Bet-El en Dan gemaak. (I Kon 12:25-29)
Jerobeam het die volk in sonde in verlei
en hulle het die beeld na Dan toe begelei
en sommer self besluit wanneer hou hulle fees
en wie van die volk nou priesters kon wees… (I Kon 12:30-32)
Net toe Jerobeam die offer wou aansteek
het daar ‘n jong profeet uit Juda vir hom begin preek:
Hosea sal priesters op hierdie hoogte slag
en hierdie altaar sal uitmekaar ruk vandag. (I Kon 13:1-3)
Jerobeam het sy hand uitgesteek
maar sy arm het styf vagesteek.
Bid tog tot genade by jou Heer
dat my hand na normaal terugkeer.
en so het dit gebeur… (I Kon 13:4-6)
Koning: Kom na my huis dat ek vir jou iets skink.
Jong profeet: God se woord sê ek mag nie hier eet of drink.
Ou profeet: Kom eet by my het ‘n engel laat weet
en so het die jong profeet God se woord vergeet. (I Kon 13:15-25)
Oppad terug het ‘n leeu hom verskeur
sodat die ou profeet (en ons!) moes leer
dat hy gehoorsaam aan God se woord moet wees
en die waarheid in God se profete woord moet lees. (I Kon 13:26-32)
Maar Jerobeam het nie daaruit geleer
en hom van sy sonde bekeer:
Al het die profeet hom God se woord vertel,
het hy aangehou om priesters aan te stel. (I Kon 13:33-34)
God praat toe deur siekte van sy seun
en stuur hom vir ‘n boodskap by die Een…
My seun is siek, gaan na Silo gou.
Vermom jou dat hulle nie weet
jy is koning Jerobeam se vrou.
Gaan daar na Agija, die profeet. (Kon 14:1-3)
Agija, van ouderdom al blind
is deur God vertel sy kom oor die kind
Kom binne Jerobeam, se vrou,
maar ek het slegte nuus vir jou: (I Kon 14:4-6)
Jy moet vir Jerobeam gaan vertel
Ek het jou as koning aangestel,
maar aan My was jy nie getrou:
Jy was slegter as almal voor jou! (I Kon 14:7-9)
As jy tuiskom sal die seun sterf.
Geen nageslag sal oorbly om te erf.
In die stad sal die honde party eet
en in die veld sal roofvoëls ander vreet. (I Kon 14:10-13)
En jý, hoor jy nog God se Woord?
Is dit nog jou ware Noord?
Of luister jy eerder na ‘n ander profeet
wat jou in jou honger lok om te kom eet?
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. (Joh 1:14)
Hy die Lam van God wat jou sonde kan verskoon. (Joh 1:29)
Luister en glo, dan kry jy die ewige lewe
anders gaan jy ook voor God se oordeel bewe… (Joh 3:36)