Links of regs?

Here, waar ek voor hierdie T aansluiting staan,
wil ek weet of ek links of regs moet gaan?
My Google maps waarsku my gewoonlik vooruit,
maar dit voel vir my ek kry nie ‘n antwoord uit U uit?

My seun, jy moet maar nog ‘n so rukkie daar staan,
want duidelik verstaan jy nie waaroor dit gaan.
In jou eie planne is jou linkerfliggerlig al aan,
maar jy gee voor dat jy My wil net ook wil verstaan…

Jy wil nou soos die taxi’s al oor die rooi lig ry,
en voorgee jou keuse kom dan van My.
Jou probleem is hierdie keuses gaan net oor jouself –
Ek wil dat jy eers nog veertig dae in My Woord delf.

As jy tot stilstand kom sal jy verstaan
dat alles eintlik net oor My eer gaan
Wees tevrede en bly net hier staan
en help die soekendes wat verbygaan.

As jy uiteindelik My grootheid sien
sal jy besef dat jy niks verdien.
Soos die blindheid dan verdwyn
sal ‘n klomp nuwe opsies verskyn.

Sien jy die verwaarlose huis op die hoek?
Daar is ‘n bejaarde tannie wat jou hulp soek.
Sien jy die die kring mense daar onder die boom?
Hulle bid vir voorvaderverskyning in ‘n droom.

Die magdom werk hier by die kruising
is juis vir julle, skyn Christene, ‘n vinger wysing,
want julle broei jullselfs warm,
maar julle is geestelik arm,

Sien jy die voetpaadjjie wat voor jou die berg uit kronkel?
Laat staan jou aircon kar en stap met oë wat vonkel.
Soek biddend elke oomblik hoe Ek jou wil leer
om van nou af alles te doen tot My eer.