Lewenskuns

Ek is nou moeg gejaag
en in die oggende traag.
Ek is te min by my gesin
en lus om voor te begin.
Ek kyk na my lysie met ‘n sug
en my skaal lees oorgewig!
Om my het almal net seer
lewenskuns moet ons leer.

1. Moenie skroom, jaag my droom.
Ek besef die doel van my lewe
is om na ‘n hoër doel te strewe.
In my lewe en beroep
is ek tot ‘n taak geroep.
Ek sal van voor af moet leer
om my doel te realiseer.

Aan die kruis roep Hy uit:
“Dit is volbring!” Hy vervul
die grootste roeping van alle tyd.
en ek is met vergifnis omhul.

Daarom hoor ek van Sy troon:
“Jy mag by My kom woon.
Al die trane droog dan weg
ook smart, pyn, ja al die sleg.”

Daar is geen dispuut:
God maak alles nuut!

Dinge gebeur met ‘n rede
al is dit anders as my bede,
want ek is ook geroep
vir meer as my beroep.

Uit dankbaarheid bekeer:
Ek soek nou net Sy eer!
Eerder as geldelike wins,
verkies ek lewenskuns.


2. Ja, ek kan, as ek beplan.

Daar is drie vlakke in my plan
wat oor verskillende tye span.

Eers visualiseer ek die prys
want dit bepaal die hele reis.
Om my opgee streep te keer,
skryf ek my doelwitte fisies neer.

Ek moet vir gebalansseerdheid strewe:
Doelwitte oor al die aspekte van my lewe.
As ek God se prioriteite daarin vermy
gaan ek verseker nie resultate kry!

Elke doelwit met ‘n tyd
sodat ek vas kan byt.
As ek dit nie gaan geniet,
begin ek heeltemal verniet.

Die tweede vlak in my plan
moet twaalf weke oorspan.
Die eerste helfte om gewoond te raak,
die tweede om ‘n verskil te maak.

Die derde plan wat ek begewe,
kyk net van dag een tot sewe.
Die twaalf week plan moet hier rig
anders verloor ek maklik sig.

Al lyk my planne vir my so reg,
bepaal die Here steeds die weg.
Ek laat dit alles aan Hom oor,
dan weet ek ek kan nie verloor!

3. Die ewige stryd vir nog bietjie tyd.
Tyd hou net nooit op loop
en ek kan dit nie terug koop.
Ek moet my dagboek bestuur:
Vir gesin en gees ook ‘n uur.

Net 20 persent sal die impak gee.
Sê vir die res ‘n ferm “Nee!”
As ek nou op my doodsbed lê,
wat sou ek in my dag wou hê?

Iets wat ek nog meer moet leer,
is om meer werk te delegeer.
Deur dit dan net te bestuur
kry ek weer ‘n ekstra uur.

U laat elke mens sterf:
Na sewentig jaar is dit klaar…
Maar vir U is duisend jaar
maar een strepie op U kerf!

Al gaan my lewe eendag verby
gaan ek dit steeds nie vermy.
Dit verkondig die boodskap hewig:
Tyd hou aan vir ewig en ewig…

4. Sukses wink as ek anders dink

Wees versigtig met my hart –
dis die bron van alle smart.
Rig dit waaraan ek so dink
op dinge wat net edel klink.
Dit waarna my gedagtes strewe
bepaal my hele lewe!

Begin my oggend baie stil
soek daarin net God se wil.
Is my denke negatief of bang?
Moet ek dit met iets positiefs vervang.

Moenie bekommer as ek fouteer:
Dis die heel beste manier vir leer.

5. Besef net weer: groei na God se eer
Sukses na buite kan eers begin
as ek sukses bereik binne my in.
Om op alle vlakke te bly groei
moet ek met die volgende stoei:

Die eerste ding na my bed
is stiltetyd en innige gebed.
Volhardende gebed vir God se raad
sal my reg deur die dag bly baat.

Hoe besiger jou dag gaan wees,
hoe langer moet jy Bybel lees –
dit bring die vrugte van die Gees:
Geduld, goedhartig, getrou.
Vriendelik, vreugde, vrede.
Selfbeheers, nederig tevrede
en daarby ook liefde vir jou

Gereelde oefen bou my liggaam.
Gesond eet werk daarmee saam.
Doen dit elke dag van my lewe,
maar vat ‘n breek op dag sewe.

My klere moet wapenrusting raak:
Waarheid, evangelie en vryspraak,
geloof en verlossing om te keer
en pyle van die bose af te weer.

Luister weer hoe musiek klink
en maak genoeg tyd vir dink.
Wees bly gedurende my dag
en lag sommer ‘n ekstra slag.

Die jaag na reënboog pot se goud
is ‘n reuse fout – ek word net oud.
My enigste moontlike behoud
is die soeke na groter eenvoud.

As ek kyk na die grootheid van U werk
besef ek net elke dag ek is beperk.
Tog, amper ‘n hemelse wese met verstand:
U laat my heers oor die werk van U hand!

Gee my meer liefde, o Heer.
Help my dat ek U in alles eer.
Ek wil groei om meer en meer
soos U te wees, Christus, my Heer.

6. God gee krag vir vasbyt vandag
Net God gee my die krag
om vas te byt elke dag.

Vat ‘n klein stappie op ‘n slag
die res kan ‘n bietjie wag.
Voor ek dan mooi weet,
het ek die hele olifant geëet!

As ek in alles op God vertrou,
sal Hy my help om huis te bou.
Onthou, Jesus het alle mag –
Hy is by my tot die laaste dag!


En as ek partykeer struikel en val
hou maar net die oog op die bal.
Begin maar weer van voor af werk –
die Here dra my op arendsvlerk!

Raak ek in die wedloop oorstelp
kyk ek na geloofshelde vir help.
En as ek my vriende net vra,
sal hulle help om die las te dra!

7. Ek is gespaar, wees dan dankbaar
God het my van sonde bevry,
daarom vul dankbaarheid my.
Skielik word my las verlig –
die wet is nou nie meer ‘n plig.

Ek wil net één God dien,
afgode wil ek glad nie sien.

Geheilig is sy grote Naam
want Hy vat al my blaam!

Sonder die rus op dag sewe,
kom ek nie meer deur die lewe.

Dis maklik om my ouers te eer.
My vrou is die een wat ek begeer.

Ek kan nie meer my vyande haat
en ander se goed kan my nie baat.

Ek wil nou ander met my woorde eer
en alles binne my wil net God begeer.

Hierdie woorde kom oor my mond,
want Hy maak my deel van sy verbond.

8. Ek moet leer: Gee nog meer.

Toe ek nog wonder oor my doel
Ja, oor wat God vir my bedoel,
Moes ek weer verstaan
wat in Maleagi staan:

Die kwaliteit van my lewe
kom van dit wat ek gewe.
As ek ander so begin seën
sal die hemel op my reën.

Wie karig saai
sal karig oes.
Wie volop saai
sal volop oes.

Elkeen het hul eie gawe
om sy naaste mee te lawe.
Ja, die doel van my werk
is die opbou van Sy kerk.

9. My laaste bede: Bly in die hede.
Vergeet dit wat is verby
al het ek ook baie gely.
Ek het mos nou al gehoor
daar is ‘n prys daar voor.

My nie bekommer oor eet of drink
of die ewige tekort aan geld.
Soos die voël en lelies in die veld,
sal God self in oorvloed skink.

Wees net meer tevrede
en leef nou in die hede.
Lewe jou kind se jeug
ja, deel in hulle vreug!

Met al die begeertes moet jy jou wend –
maak dit in gebed en smeking bekend!

Die resep van die lewe is:
Bekeer jou en kom tot rus!
Ja, ek kry ware lewenskuns
uit die verstaan van God’s guns.