Abraham en Lot kon nie genoeg kos vir hul vee kry
en daarom het hulle besluit dat hul paaie moet skei. (Gen 13:6)
Lot, as jy links kies sal ek regs gaan.
Lot kies toe die vrugbare Jordaan.
Hy het by Sodom sy tent opgeslaan,
die stad met die sondige bestaan… (Gen 13:9-13)
Abraham was aan die verbond getrou
en het in Hebron vir God ’n altaar gebou. (Gen 13:18)
’n Jaar of wat later kom die uur
wat God Sodom wil straf met vuur.
Lot se vrou het terug gestaar
en verander in ’n soutpilaar. (Gen 19:24-26)
God se keuse oor my is ‘n wonder:
Deur Sy Gees het Hy my afgesonder! (II Tes 2:13, I Pet 1:2)
Jesus word in Getsemane stil
Sy lewenskeuse: Na God se wil! (Mat 26:42, Luk 22:42)
Wat bring jou van stryk
as jy na die opsies kyk?
Maak God se wil jou leuse
in elke lewenskeuse. (Ps 119:30, Jos 24:15, Mat 6:10)