Leef soos ligdraers (Fil 2)

Julle het die troos in Christus ondervind,
die aansporing van liefde as Sy kind
en die gemeenskap deur die Gees.
Daarom moet julle nou eensgesind wees. (Fil 2:1-2).

Julle moet Christus se gesindheid vertoon:
Hy kon goddelik in die hemel bly woon.
Hy het as slaaf aan die mens gelyk geword,
en deur die kruis verneder tot in die dood! (Fil 2:5-8).

Daarom het God Hom bo alles verhef,
sodat elke knie sou buig en besef:
Jesus Christus is die Heer,
tot God die Vader se eer (Fil 2:9-11).

Leef God se wil as verloste mense saam.
God maak julle daartoe gewillig en bekwaam.
Te midde van die ontaarde en korrupte mens,
dra My lig, ja, die Woord, uit. Dis My wens, (Fil 2:12-16).