Jerobeam se seun Nadab het twee jaar regeer.
Hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Heer.
Baesa het hom vermoor en so koningskap gekry
en nie een van Jerobeam se nageslag het lewend gebly. (I Kon 15:25-32)
Baesa het vier en twintig jaar regeer
Hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Heer. (I Kon 15:33-34)
Toe stuur die Here Jehu, die profeet.
“Die woord van die Here moet jy weet:
Ek het jou uit die stof opgetel
en as heerser van Israel aangestel.
Honde en roofvoëls sal jou ook vreet!” (I Kon 16:1-4)
Na Baesa toe sterf,
het sy seun Ela die koninskap geërf
Hy het net twee jaar regeer,
toe vermoor Simri hom weer (I Kon 16:6-10)
Hy het Baesa se hele nageslag vermoor –
geen bloedverwante of raadgewers was oor.
Hulle moes deel in hierdie smart,
want hulle het God uitgetart… (I Kon 16:11-14)
Koning op koning doen verkeerd in die oë van die Heer.
‘n Soeke na Een wat waarlik kan regeer
Kom, Here, Jesus, kom o Heer
Aan U kom toe alle lof en eer!
Leave a Reply