Die uitnemendheid van Christus (Kol 1)
Deur die Seun sien ons God se beeld raak,
God het deur Hom alles gemaak.
Voor alles was Hy daar,
en Hy hou alles bymekaar. (Kol 1:15-16)
Hy is hoof van die liggaam, Sy kerk.
Hy hou dit in stand deur Sy werk.
Hy het eerste uit die dood opgestaan
en so die weg na die heelal gebaan. (Kol 1:18)
Versoening kom deur sy bloed,
want Hy het vir ons sondes vergoed.
Ja, deur Sy bloed aan die kruis
kan ons in vrede woon is Sy huis! (Kol 1:20)
Christus plus enige iets is dwaalleer (Kol 2).
Die geheim is Christus en is jy is Sy kind.
In Hom kan jy verborge skatte vind. (Kol 2:3)
Jy moet jou lewe op Hom bou
en in geloof op Hom vertrou. (Kol 2:6)
Pasop dat niemand julle mislei:
Christus plus iets anders is nie Hy. (Kol 2:8,19)
Feeste is ‘n skaduwee van wat sou kom.
Dit gaan eintlik alles net oor Hom. (Kol 2:16-17)
As julle werklik Christus in julle het,
vergeet van die godsdienstige wet. (Kol 2:20)
Die lewe van ‘n nuwe mens (Kol 3 en4).
As jy in sy opstanding glo,
strewe na die dinge daarbo.
Vergeet die aardse dinge en pyn –
jy gaan eendag saam met Hom verskyn. (Kol 3:1-3)
Jy moet die sondige dinge wen (Kol 3:5)
en meer en meer jou Skepper ken. (Kol 3:10)
Jy is nou God se uitverkore kind, (Kol 3:12)
laat liefde julle onderling bind. (Kol 3:14)
Die boodskap vir Christus moet in jou bly,
maar maak ook seker dat ander dit ook kry.
Sing psalms en gesange tot God se eer
en doen alles in die naam van die Heer. (Kol 3:16-17)
Waak en volhard dankbaar in gebed
en bid dat Hy nog mense sal red. (Kol 4:2-3).