Hy sal My Dienaar wees,
Ek gee Hom my Gees.
‘n Geknate riet sal Hy nie breek,
Hy maak My wil bekend aan die leek. (Jes 42:1-4)
Ja, Hy is My kneg
deur Hom vind jy die weg. (1953)
Ek het die hemelkoepel gemaak,
alles wat lewe was My taak.
Ek is aan My verbond getrou,
daarom beskerm Ek Jou. (Jes 42:5-6)
Jy word die verbond met My volk, hul Lig.
Jy gee vir blindes weer sig.
Jy sal gevangenes bevry,
ja, verlos die wat so ly. (Jes 42:6-7)
Ek is die enigste Heer:
Gee aan My die eer!
Wat nog gaan gebeur,
gaan Ek julle nou leer. (Jes 42:8-9)
Sing daarom vir my ‘n nuwe lied
om vir My jul lof en eer te bied.
Eilande, woestyne en berge moet sing
ja, almal moet aan My hul hulde bring. (Jes 42:10-12)
Die Here het My voor my geboorte geroep vir die taak:
Hy het My mond soos ‘n skerp swaard gemaak.
Hy het gesê: Jy is My Dienaar,
deur jou sal Ek My mag verklaar. (Jes 49:1-3)
Jy moet hulle van My aankondiging vertel:
Dis nie genoeg dat jy net Israel herstel,
Jy moet redding vir alle nasies bewerk –
Jou Lig maak die uithoeke van die aarde kerk! (Jes 49:5-6)
Al is jy diep verag sê die Heer
en ‘n Dienaar van die wat regeer,
konings sal sien wat gaan gebeur
en dan nederig buig tot Mý eer. (Jes 49:7)
Op ‘n dag wanneer Ek Jou wil red
dan verhoor ek Jou gebed.
Ek sal Jou die verbond met My volk maak.
Hulle herstel is jou taak. (Jes 49:8)
Deur die Here my God se raad
kan Ek die wat moeg is moed in praat.
Elke more het Ek na Hom geluister
sodat Ek die wang kan draai in die dag se teister. (Jes 50:4-5)
Ek het my rug gehou vir die wat slaan,
maar Ek sal nie teleurgesteld staan.
Die Here My God help My
om die daaglikse stryd vir Hom te stry. (Jes 50:6-7)
Die Here My God is daar
om My onskuld te verklaar.
Die wat klagvure teen my brand,
sal in die ewige vuur beland. (Jes 50:8-11)
My dienaar se voorkoms is nie iets om te sien,
wie sal die mag van die Here hierin sien?
My Dienaar was ‘n droë grond loot
deur mense verag en verstoot. (Jes 52:13-53:2)
Hy het lyding en pyn geken
het ons Hom nie herken.
Ons het Hom verag en vervreem,
tog het Hy óns sonde op Hom geneem: (Jes 53:3-4)
Hy is gepynig en onskuldig verhoor.
Oor óns oortredings is Hy deurboor.
Die straf wat vrede bring was op Hom,
deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom! (Jes 53:4-5)
Soos skape het ons almal gedwaal:
elkeen op sy eie pad verdwaal.
Ons verdien straf oor die sonde teen Hom,
maar die Here het die straf op die Kneg laat kom. (Jes 53:6)
Hy is mishandel, maar het geduldig gebly.
Hy is soos ‘n lam na die slagplek gelei.
Hy dra die wonde
van die volk se sonde.
Hy is onskuldig gestraf
Ja, tot in die graf (Jes 53:7-9)
Dit was die wil van die Heer om Hom te laat ly,
want so sal Hy ‘n nageslag kry.
As Hy sy lewe as skuldoffer gee
vervul Hy God se doel daarmee. (Jes 53:10)
Na sy bitter lyding
sien Hy die Lig van bevryding
Hy sal die Here ken
én ‘n ewige lewe wen. (Jes 53:11)
My dienaar sal jou regverdig maak,
want Hy het die straf gedra vir jou saak.
Jy het Hom as misdadiger beskou,
maar tog tree Hy in gebed vir jou! (Jes 53:12)