Kanker

Here dit maak my so seer om te sien hoe kanker my geliefdes verteer.

Ag Here, gee my raad: Ek weet nie hoe om met hulle te praat… Ag Here, die gesinne lyk so broos. Hoe kan mens hulle troos?

Here, wat gaan tog hier aan Hoe kan mens dit verstaan? Dit gaan so goed met my, maar dis my geliefdes, Here – hulle ly…

In die boek Job soek ek U wil, maar een hele hoofstuk vertel net van ‘n krokodil? Ek wil dit liewer nie lees – Dit versterk net hierdie innerlike vrees!

U het gesê die eindtye is swaar… Asseblief Here, is ons amper daar? Ja, Here doen soos wat in Openbaring staan: Droog U af hulle traan, want die dood en smart en pyn gaan dan alles verdwyn.

Here, die kanker is vreeslik swaar. Wees U asseblief tog daar…