Kan iemand my straf wegneem?

Job:
Wie kan sy saak teen God kan wen?
Jy sal nie eers een vraag uit duisend ken!
Hy het die hemel soos ‘n tent gespan
Hy hou die golwe van die see in bedwang. (Job 9:1-13)

Hoe kan ek antwoord as Hy spreek?
Ek sal my Regter om genade smeek.
Al is ek onskuldig in die saak,
my woorde sal my skuldig maak. (Job 9:14-21)

God is nie ‘n mens dat ek die saak teen Hom kon opneem,
was daar maar iemand wat God se straf kon wegneem…
Maar soos sake nou staan,
gaan God se vernietiging aan… (Job 9:22-35)

O my God, moet my tog nie skuldig verklaar…
Vind U dit goed al kry ek so swaar?
Kyk U dan met die oë van ‘n mens
wat sien die goddelose kry hulle wens? (Job 10:1-7)

U hande het my gevorm, my gemaak.
U het my gevorm soos klei
Ja, soos botter het U my berei
Is vernietiging dan nou U taak? (Job 10:8-12)

As ek skuldig is wag ellende vir my,
onskuldig het ek ook nie vreugde gekry.
Ek staan voor U onbegryplike mag,
gee my rus voor die dood se donker nag. (Job 10:13-22)

Sofar:
Moet mense stilbly oor jou gepraat –
God straf jou vir die lasterdaad.
As God maar wou begin praat,
sal jy besef God straf nie al jou kwaad. (Job 11:1-6)

Kan jy die Almagtige ten volle verstaan?
Kan jy tot in die hemel en doderyk gaan?
God sien al die sonde raak,
Hy bring voor die gereg sy saak. (Job 11:7-12)

Jy moet jou hande in gebed na God uitsteek
en sonde verwydering van Hom afsmeek.
Donker swaakry sal dan vir jou lig wees,
maar die goddelose moet die dood vrees. (Job 11:13-20)

Vir jou:
Het jy soos Job ‘n Middelaarswens?
Jesus staan tussen God en mens!
Dit was die bedoeling van God daarmee:
Hy het Homself as losprys vir almal gegee. (I Tim 2:5-8)

Vir jou is daardie lewende hoop
deur Jesus se opstanding gekoop. (I Pet 1:3)
Staan in jou swaakry stewig:
God se beloftes is vir ewig! (I Pet 1:23-25)