Die land loop oor van heuning en hier is van sy vrug,
maar ongelukkig moet ons ook oor die reuse berig:
Ons het die afstammelinge van die Enakiete daar gesien!
Soos nietige sprinkane sal ons die dood daar verdien… (Num 13:30-33).
Kaleb het die tien stilgemaak:
Ons is opgewasse vir die taak!” (Num 13:30).
Die volk het hom nie geglo
en ontvang toe hul straf van bo:
Die volk moes hierdie ontrou
vir veertig jaar in die woestyn berou! (Num 14:16,21-23).
Kaleb was aan My getrou:
sy nageslag sal die land behou. (Num 14:24).
Dit was vyf en veertig jaar gelede:
Ek is nog net so sterk soos in die verlede.
Ek sal teen die Enakiete gaan veg,
op hulle deel het ek die reg. (Jos 14:10-12).
Kaleb het in geloof staande gebly
en daarom sy beloofde deel gekry. (Jos 14:13-14).
Dink maar ook in jou lewe terug:
Jy hoef nie vir die reuse te vlug.
In geloof moet jy aan Hom vashou,
want God bly aan sy beloftes getrou.
Leave a Reply