Ek moet besin
oor ‘n nuwe begin.
In die hongersnood beplan Naomi se man
“Van Bethelhem na Moab is my plan.”
Was die besluit wys?
Bethlehem beteken dan broodhuis…
In plaas van ‘n nuwe voorspoedsgerf
het hy daar in die vreemde gesterf. (Rut 1:1-3)
Ons moet besin
oor ‘n nuwe begin.
Haar seuns het met Moabietiese vroue getrou
en so nie die wette van Moses gehou.
Hulle spring die dood toe ook nie vry.
Net Naomi het alleen agtergebly… (Rut 1:4-5)
Ek moet besin
oor ‘n nuwe begin.
Die Here het vir sy volk uitkoms gebring
en dit het Naomi na ’n besluit gedring.
Sy en haar skoondogters het opgestaan
om na Bethlehem toe terug te gaan. (Rig 1:6-7)
Julle moet besin
oor ‘n nuwe begin.
“Gaan liewer terug na jul ouerhuis.
Mag die Here sy liefde aan julle bewys.
Mag die Here julle elkeen weer seën
Mmet ‘n heenkome, man en seun. (Rig 1:8-9)
Die Here het teen my gedraai,
daarom wil ek julle afraai.
Ek is te oud om weer te trou
julle gaan dit by my berou…” (Rig 1:11-13)
Orpa het besin
oor ‘n nuwe begin.
Met trane in haar oë het Orpa gewaai
en na haar huis en gode omgedraai. (Rut 1:11-13)
Rut het ook besin
oor ‘n nuwe begin:
Rut besluit om by Naomi te bly
Daarmee saam het sy bely:
“Waar u gaan sal ek gaan,
waar u bly, sal ek bly
ja, u volk, is my volk,
en u God is my God.
Waar u sterf sal ek sterf –
net die dood sal ons skei!” (Rut 1:16-17)
Hulle twee het toe saam
na Bethlehem gegaan.
“Dis Naomi, haar naam beteken aangenaam!”
“Nee, Mara verbitterd, is my nuwe naam… (Rut 1:18-20)
Ek is met ‘n vol lewe hier weg,
ek kom leeg terug – alles is sleg.”
Tog was dit ‘n nuwe begin
want die garsoes kom nog in… (Rut 1:21-22)
Jy moet weer besin
oor ‘n nuwe begin!
Jy wat nou so swaar kry –
So asof alle teenspoed jou ry.
Jou oes het misluk.
Jy wil van honger verstik…
Is jy bitter en afgemaai?
Het God dan teen jou gedraai?
Neem God se woorde in
Die garsoes het begin!
Vra die brood van Hom
wat uit die hemel kom.
“Ek is die brood wat lewe gee:
Die ewige lewe kom daarmee! (Joh 6:33)
Kom, almal wat dors is,
kom na die water vir rus.
Sonder geld kan jy weet:
kom, koop, ja kom eet.
Jy kan sonder om te betaal,
iou wyn en melk kom haal.” (Jes 55:1-2)
As jy nuut begin
nooi Hy jou in:
Die Here ons God heers nou as Koning.
Hy nooi jou, liewe leser, na Sy woning!
Want hy wil jou kom haal
vir die Lam se bruilofsmaal! (Op 19:7-8)