Jy kan sing, want dit is volbring.

Die Bybel het ons min van Melgisedek geleer,
maar beklemtoon hy bly priester altyddeur. (Heb 7:3, 1953).
Die Hebreërs skrywer verbind hom aan Jesus
om te wys dat Hy ‘n beter priester as die aardses is.

As hierdie volmaakte Hoëpriester dan ‘n offer bring,
roep Hy uit: “Dit is volbring!” (Joh 19:30).
Sy een offer het my en jou sonde vergewe
en daarom sal ons nou ewig by Hom lewe. (Heb 7:27-28).