Hier volg voorbeelde van doen
wat sal wys jy is met Hom versoen:
Moenie volgens die uiterlike keur:
As ‘n man met deftige klere arriveer
en ‘n arm man kom met ou klere aan,
hoe besluit jy waar jy gaan staan? (Jak 2:1-3)
As ‘n broer of suster honger ly,
maar jy gee nie wat hulle moet kry
en wens dat dit met hul goed gaan,
wat op aarde help dit dan? (Jak 2:15,16)
Die tong is soos die roer in die stuurman se hand,
Ja, ‘n klein vuurtjie wat die bos laat brand!
Die mens kan die tonge nie tem,
lof en vloek kom van dieselfde stem… (Jak 2:3-11)
Die rusies kom van wat jy selfsugtig begeer.
As jy dit nie kry, sal tot moord nie keer…
Selfs jou gebede is op jou begeertes gerig –
so draai jy op God jou rug! (Jak 4:1-4)
Moenie jou broer veroordeel
Ja, jy wat regter-regter speel.
Moenie van mekaar kwaad praat –
dis wat die ware Regter haat. (Jak 4:10-12)
Rykaard wat die werker se loon terughou,
ja, jy wat na hartelus smul en partytjie hou:
Op aarde lewe jy in weelde en oordaad –
Ek sal met mot en roes niks vir jou agterlaat. (Jak 4:1-6)
‘n Gelowige wat arm is moet hom verheug,
as God om aansien vir sy deug (Jak 1:9)
‘n Laaste wenk wat jy nie moet vergeet,
gaan oor die aflê van ‘n eed:
As julle “ja” sê, moet dit “ja” bly
en jou “nee”: bly staan daarby! (Jak 5:12)
Geduldig bly die boer op sy oes wag,
so moet jy ook doen tot op die dag
wat die Here sy oes kom haal.
Tot dan vertel jou dade Sy verhaal. (Jak 5:7)
So wat jy hierin moet verstaan:
Geloof moet in liefde tot dade gaan! (Gal 5:6).
Kon mens in vandag se doen
sien jý is met God versoen?