Maak gereed en trek deur die Jordaan
Los agter die woestyn se sand
en trek in die beloofde land.
Ek is by jou, oral waar jy gaan. (Jos 1:2-5)
Maar waarop jy spesefiek moet let,
is die uitvoering van die wet.
Dit moet die rigsnoer wees van wat jy sê,
oordink dit in die dag en as jy gaan lê.
As jy hierdie opdrag verstaan,
sal dit goed met jou gaan. (Jos 1:7-8)
Jy is ook op die randjie van die beloofde land
Staan jy elke dag met jou Bybel in die hand?
Leave a Reply