Josua se laaste toespraak

Josua se laaste taak
was hierdie toespraak:

Julle het telkens gesien,
God gee wat julle nie verdien.
Die getroue God moet julle loof:
Hy gee die land soos Hy beloof. (Jos 23:1-5)

Julle moet sterk staan in die uitvoering van die wet.
Moenie links of regs afwyk van dié riglyn wat jul het
anders gaan die versoekings julle insuig
en gaan julle voor die nasies se gode buig. (Jos 23:7-8)

Geen nasie kon voor die Here standhou,
bly daarom aan julle God getrou.
As draers van God se hoop,
jaag een van julle duisend op loop. (Jos 23:8-10)

Maar gaan julle met die nasies se sonde mee,
sal julle verdwyn uit die land wat Hy julle gee.
Hulle sal julle met strikke en wippe vang,
vir dorings in jul oë en swepe op die rug dan bang! (Jos 23:12-13)

My tyd op aarde is nou verby
maar nie een van God se beloftes het onvervul gebly! (Jos 23:14)

Josua het nog verder gepraat
en dié woorde van God in hul midde gelaat:

Ek het Abraham anderkant die Eufraat gaan haal
en vir hom die land gegee sonder dat hy betaal.
Isak, Jakob en Esau is gebore,
vir ‘n tyd was Egipte vir hul beskore. (Jos 24:1-4)

Deur rampe het Moses tot Farao deurgedring
en het Ek julle so uit Egipte gebring.
By die Rietsee was julle met vrees vervul,
maar ek het die aanvallers in donkerte gehul.
Julle het daar met julle eie oë gesien
Ek is die enigste God wat julle moet dien. (Jos 24:6-7)

Daarna het julle lank in die woestyn gebly
en het Ek julle die Amoriete se land laat kry.
Toe Balak hom op julle wou wreek,
kon Bileam nie vloek, maar net seën uitspreek. (Jos 23:8-10)

Julle was droogvoets deur die Jordaan
en Jerigo se mure kon nie bly staan.

Vir die Amoriete, Feresiete,
Kanaäniete en Hetiete,
Girgasiete, Hewiete en Jebusiete
was teenstand net ‘n miete. (Jos 23:11)

Sonder om te werk, gee Ek julle ‘n land.
Julle eet van wingerde sonder om te plant.
Julle kry stede sonder om te bou,
betoon dan eerbied en dien My getrou. (Jos 23:12-14)

Kies nou: Dien God of die gode wat julle sien.
Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.
Die volk het plegtig beloof
om God as enigste te dien en loof. (Jos 23:15-22)

Hierdie klip sal getuie van die belofte wees
dat ons God as heilige sal dien en vrees.
Daarna het Josua gesterf
en is begrawe in sy eie erf. (Jos 23:23-28)

As jy oor jou lewe terug sou kyk,
hoe sal die hand van God daarin lyk?
Jy sal ook moet erken
sonder Hom sou jy niks kon wen.

As jy Sy magtige dade sien,
gaan jy en jou familie Hom dien?

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading