Josua oorsig gedig

Josua is deur God geroep.
“Inname” sy nuwe beroep.
Verseker: “Jy hoef niks te vrees,
want Ek sal by jou wees.”

Met geloof is die weg gebaan,
ja, droogvoets deur die Jordaan.
Die volke het begin bewe –
dis ‘n God wat regtig lewe!

Meng met heidenvolke verbode –
hulle dien te veel ander gode.
God is die enigste ware een.
Vertroue net op Hom alleen.

Sewe keer om Jerigo se muur
en hy val self op God se uur.
Ragab is gered deur haar geloof.
Van toe af kon Sy God ook loof.

By Ai het hul die geveg verloor!
God se waarskuwing is nie gehoor.
Die bloedige geveg se wonde,
is as gevolg van hulle sonde

Oorwinning kom nie uit eie krag –
alles is net deur God se mag!
So het God die weg gebaan
dat hulle al die volke verslaan.

Josua se einde is ‘n afskeidspreek,
wat hul herinner wat maak en breek.
God het alles gedoen wat Hy beloof
die volk moet Hom nou dien en loof.

Jy kan ook in jou lewe vertrou,
want God sal Sy beloftes hou.
Soos Ragab red Hy dié wat glo
Ja, geloof in die eindpunt daarbo.

Die oorwinning is in Sy hand –
jy is deel van die beloofde land!
Jesus het reeds die Satan verslaan,
Ja, Hy het vir ons die weg gebaan.