In die tronk het God Josef sy troue liefde laat ondervind.
Die gevolg? Die tronkbewaarder was hom goedgesind. (Gen 39:20-22)
Skinker en bakker, hoekom lyk julle so bedruk?
Vreemde drome het ons vannag geruk…
Die drome beteken God gaan dinge laat gebeur:
Goed en sleg en julle kan dit nie keer! (Gen 40:6-7)
Ek het gedroom van sewe vet koeie wat wei
Sewe maer koeie het hulle kom vreet in die vlei! (Gen 40:18-20)
Geen raadgewer kon die droom uitlê,
want God wou deur Josef iets sê:
Deur u droom wil God hê u moet verstaan:
Na oorvleed breek ‘n sewe jaar droogte aan. (Gen 40:28-30)
Bêre in skure u graan,
dan sal u mense nie vergaan. (Gen 40:35-36)
Ek gaan jou die onderkoning maak,
my land se regering is nou jou taak.
Al my onderdane sal buig en jou eer! (Gen 41:39-44)
Nee, o koning, alle eer aan my Heer. (Gen 41:16)
Nie aan ons nie, o Heer,
maar aan U kom al die eer.
Wat U wil, dit doen U nou.
U bewys U liefde en trou: (Ps 115:1-3)
Nederig op ‘n donkie het Jesus gereis:
“Ons wil die Koningseun van Dawid prys!
Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!
Selfs in die hoogste hemel prys ons Hom!” (Mat 21:5-9)