Potifar het hom oor God se teenwoordigheid verstom. (Gen 39:3).
Ook met Josef in die tronk kon almal sien: God is by hom. (Gen 39:21).
In die Ou Testament is dit ‘n goue draad:
God was by sy mense in elke daad. (Jos 1:9; II Sam 7:9; II Kon 6:16; II Kon 6:16)
Vir Josua: Neem in die land Kanaän
Wees sterk want Ek is by jou oral waar jy gaan (Jos 1:9)
Vir Dawid: Ek wil hê jy moet verstaan
Deur my teenwoordigheid het jy die vyand verslaan. (II Sam 7:9)
Benoud roep hy uit: Ons stad is beleër!
Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer…
Here, open sy oë dat kan sien in hierdie uur.
Die berge rondom was vol strydwaens van vuur!
Hoe kan ek wegvlug van Hom?
Hoe kan ek U teenwoordighed ontkom?
Al probeer ek vlug van oos na wes,
U teenwoordigheid gee nie bes. (Ps 139:7-10)
Imannuel is gebore:
Ek is nie meer verlore! (Mat 1:23)
Ek is gevul met U Gees:
U sal altyd by my wees. (Joh 14:16-17)
Aan My is alle mag in hemel en op aarde gegee
Doop en deel al die nasies dié vreugde mee
Maak dissipels wat getuig van Hom:
Hy is by julle tot die voleinding kom! (Mat 28:18-20)
Eendag sal daar nie meer ‘n son wees,
maar selfs dan hoef julle nie te vrees,
want Jesus se teenwoordigheid is die lig
en die heerlikheid van God sal alles verlig! (Op 21:22-23).