Josef het stories aangedra
en sy pa se mooi kleed gedra.
“Ek droom julle gerwe buig voor my.”
En so het hul ‘n afkeer in hom gekry. (Gen 37:3-7)
Eers wou hulle hom dood maak,
maar toe eerder ‘n slaaf laat raak.
“Pa, dis Jakob se bloedbevlekte kleed!”
“Vir ewig sal ek treur, moet jul weet.” (Gen 37:31-34)
Ek is die Koning van bo.
Sy broers het Hom nie geglo. (Joh 7:5-7)
In plaas van dat hulle daarby baat,
het Sy eie volk Hom gehaat. (Hand 7:51-52)
Dis My geliefde Seun, moet julle weet. (Mark 1:11)
Ek self het Hom ‘n slaaf laat heet. (Fil 2:7)
Hierdie is Sy bloedbevlekte kleed: (Luk 23:34)
Oor Sy dood treur Ek, moet jul weet. (Mark 12:6)
Ek het Hom egter verhef tot die hoogste eer
Elke tong sal erken: “Jesus Christus is die Heer!”
As Hy dus weer kom om ons te vergader,
is dit alles tot eer van God die vader. (Fil 2:9-11)
Leave a Reply