Toe Josef sy broers se buiging gewaar,
het hy besef sy kinder drome word waar. (Gen 45,6-9)
As kind het hy ons om genade gesmeek
nou word sy dood op ons gewreek! (Gen 45:21-22)
Ek is julle broer wat julle as slaaf verkoop het
God het my vooruit gestuur om lewens te red! (Gen 45:5)
God het my aangestel om te regeer
om ons volk se uitwissing te keer. (Gen 45:7-8)
Julle moet nie voor my buig:
Ek is nie God, het hy getuig.
Moenie bang wees vir my:
God wou ons aan die lewe laat bly. (Gen 50:19-20)
Dankie dat U alles ten goede laat werk
Ja, dat hierdie swaarkry my versterk.
Dankie dat ek kan weet U sal my red.
Ja, dat U ‘n ewige verlossingsplan het!