Jesus, jou krag vir lam knieë (Hebreërs).

Vir die wat se hande so slap hang
Ja, jy wat die uitkoms so verlang:

As Jesus se kommunikasie jou hart aanraak,
besef jy Hy is die Hoëpriester, so volmaak!
Met Hom as rolmodel in jou lewe,
kan jy na die uitpunt strewe!

Deel 1: As Jesus se kommunikasie jou hart aanraak…
In die begin het God op baie maniere gepraat,
in die laaste dae praat Hy deur sy Seun se daad.
Koninklik, meer as die engele, is Hy nou,
daarom moet jy vas aan sy boodskap hou.

Moses het getrou in die aardse huis gewerk.
Jesus, is groter en werk getrou in God se kerk.
As jy vandag maar wou luister en vertrou,
wag daar rus in die hemelse vaderland vir jou!

Deel 2: …besef jy Hy is die Hoëpriester, so volmaak!

Met een offer het hy vir alles betaal
Jou sonde weeg nou nul op die skaal!
Met sy sterwe skeur die skeiding na Hom toe oop
Jy kan nou met vrymoedigheid na Hom toe loop!

Jy moet Jesus as jou volmaakte Hoëpriester verstaan,
dan sal jy met vrymoedigheid in gebed na God toe gaan!

Deel 3: Met Hom as rolmodel in jou lewe, kan jy na die uitpunt strewe!

Die wolk van geloofsgetuies moedig ons aan:
God hou sy beloftes – dis wat jy moet verstaan!
Hy is jou rolmodel om vas te byt
en so kom jy by die bestemming uit!

Al maak die swaarkry nou so seer
Hy tug jou om jou te leer:
Hou jou oog net op My gerig,
want jy is oppad na die ewige Lig!