Jesaja, voor ballingskap. (Jes 1-39)

(in die tyd van Usia, Jotam, Agas en Hiskia)

Jesaja se roeping (Jes 6)..
Ek het die Koning gesien.
Die dood is wat ek verdien.
Ja, sondige ek is nie veilig –
God is almagtig en heilig.

Toe het ek die Here hoor vra:
“Wie sal my boodskap dra?”
“U het my van sonde bevry:
Hier is ek! Stuur vir my!”

Oordeelsuitsprake teen Juda en Israel (Jesaja 1-12).
‘n Bees ken sy eienaar.
Diere weet die krip is daar.
Sondige volk met skuld belaai,
julle het die rug op my gedraai.

Wanneer gaan julle verstaan?
Dis Ek wat julle so slaan:
Julle stede is verwoes,
Die lande het geen oes.

Die nasies sal ook gestraf word (Jesaja 13-23).
Die koning van Assirië het gesê:
Ek het gevat net wat ek wil hê.
Met my eie insig en verstand,
verksuif ek grenslyne van my land!

God het die koning se trots vermaan:
Jy is net die stok wat Ek mee slaan.
Jy is maar net my werktuig:
Voor My straf sal jy ook buig!

Ek sal net die behou,
wat net op my vertrou.
Ek sal die las van die juk,
van julle skouers af ruk.

Die oordele bou op tot die eindoordeel (Jes 24,25).
Die Here gaan verwoes moet jul besef.
Dieselfde lot gaan julle almal tref:
Priester, volk, ja ook slavin en eienaar.
Koper, verkoper, skuldeiser en skuldenaar.
Hulle het hul teen My verbond verset
en oortree my voorskrifte en wet.

Die getroues kan wel weet:
Hy maak ‘n feesmaal gereed.
Dood sal daar nie meer wees.
Geen trane by dié fees!

Moenie op wêreldmagte vertrou nie (Jesaja 26-35).
Ellende sal hul moet dra,
wat Egipte vir hulp gaan vra.
Kom tot rus sê ek vir jou:
Jy moet alleen op My vertrou!