Hy het die vyand oorwin
en hul grond so herwin.
‘n Tyd van weelde en ryk –
oral het winterhuise gepryk.
Maar jul moet jul bekeer:
Gedoen wat verkeerd
in die oë van die Heer (II Kon 14:23-29)
Ook die konings daarna
is dieselfde aangekla
Ja, die volk in die Noord
was teen God se Woord.
Wat moet jy hieruit leer?
Jý moet jou bekeer:
Gedoen wat verkeerd
in die oë van die Heer!