Kom my seuns, ek wil julle leer
wat met julle nageslagte gaan gebeur. (:1)
Ruben, toonbeeld van my krag,
jy is die oudste en het gesag.
Jy verloor jou leierskap nou,
oor jou vergrype met my vrou. (:2-3)
Simeon en Levi altyd reg vir geweld.
Julle nageslag sal dit ontgeld!
Julle het koelbloedig vermoor,
vespreiding tussen die stamme lê voor. (:6-7)
Juda, jou broers sal jou eer.
Jy sal heers en aanhou regeer,
totdat die heerser, Silo, kom
met sy koningskleed rondom Hom! (:8-12)
Sebulon al is jy die tiende seun,
kom nou hier vir jou seën:
By die skepe op die strand,
dit is jou stukkie land. (:13)
Issaskar het tussen die saalsakke gaan lê
en wou graag die mooi landstreek hê.
Daarvoor was hy bereid
om in te gee vir dwangarbeid. (:14-15)
Dan sal die reg beheer,
maar is ‘n slang oppad daarheen.
Hy pik die perd in sy hak se skeen.
“Ek wag dat U red, o Heer!” (:16-18)
As ‘n bende Gad wil verslaan,
val hy hulle van agter af aan. (:19)
Aser eet ryk kos
Ja, hy eet koningskos. (:20)
Naftali het ‘n mooi nageslag,
soos ‘n takbok wat vry loop in die dag. (:21)
Josef is ‘n boom wat vrugte dra.
Die vyand se boog misluk elke keer,
want hy word beskerm deur die Heer.
Sy broers sal sy leierskap verdra. (:22-26)
Vir Benjamin is hulle bang
in die aand sal hy sy prooi vang.
Ja, soos ‘n wolf wat verskeur,
sal hy sy prooi soggens verteer. (:27)
God het die twaalf stamme gebruik
om sy evangelie my te laat bereik.
Daarom sal ek ook voor Sy troon staan
as deel van die volk met wit klere aan! (Op 7:9)