Jy moet jou seun gaan offer is wat Ek vra. (Gen 22:2)
En Isak het self die offerhout gedra… (Gen 22:6)
Pa, ek kan nie ’n offerlam hier sien?
Seun, God sal self die lam voorsien. (Gen 22:7-8)
Net toe Abraham die mes vat om te slag
Roep God: “Abraham, Abraham, wag!
Nou kon ek duidelik sien
dat jy My regtig dien.” (Gen 22:10-12)
Wat het by Isak se offer gebeur?
God gebruik dit om te leer:
Geloof sal jou nie baat
as dit nie oorgaan in ‘n daad. (Jak 2:21-22).
Abraham was vir die dood nie bang
hy het geweet hy kan Isak terug ontvang. (Heb 11:18-19).
Alhoewel hy geweet het dat hy dit nie verdien
het hy geglo dat Hy God eendag sal sien. (Joh 8:56).
Wat het by Jesus se offer gebeur?
God gebruik dit hierdie keer:
Dis ’n volkome verlossingsdaad
van al jou sonde en kwaad.
As God die onmoontlike van jou vra,
weet ook Hy het sy eie kruishout gedra.
Die plaasvervangende ram
wys heen na Christus, die Lam. (Gen 22:18)
Daarom is ek vir die dood nie bang
want ek weet ek gaan die lewe ontvang.
En al het ek dit nie verdien,
maar ek gaan God eendag sien!