Juda se afskuwelike ontrou:
Manne trou met goddelose vrou.
Volk: “Waarom verwerp U ons offers nou?”
God: “Jy is dan aan jou vrou ontrou!”
“Wat is die rede vir die huwelik, Heer?”
“Ek soek ‘n nageslag wat Mý moet eer.
Een in ligaam en een in gees,
dít is hoe die huwelik moet wees!
Die Almagtige se woorde geld:
“Egskeiding is vir My geweld.”