Hulp in lyding

Hoor jy God se woord,
maar jy leef in sonde voort,
bedrieg jy jouself.
As jy jou verdiep in God se wet
en nie vergeet wat jy gehoor het,
bevry jy jouself. (Jak 1:22-25)

As jy swaarkry moet jy gebede bring.
As jy opgeruimd is, moet jy lofliedere sing. (Jak 5:14)
As iemand anders met ‘n siekte ly,
bid vir hom en gee salfolie by. (Jak 5:15).

Bely julle sondes teenoor mekaar –
die gelowige gebed werk kragtig daar. (Jak 5:17)
Elia het ernstig gebid vir die land se reën
en God het die aarde met ‘n oes geseën. (Jak 5:18)

So, wees in jou beproewing bly.
Jou hulp sal jy in die Bybel kry.
Bly bid as jy in die donker stoei,
so sal jy geestelik na Hom toe groei!