Hoogverhewe is die Heer!

Ek maak Farao koppig vir ‘n laaste keer,
dan sal Egipte besef: “Ek is die Heer!” (Eks 14:4)

Die Egiptenare storm met strydwaens in gelid
Die volk het bang geword en tot God gebid. (Eks 14:10)

Bly kalm. Waarvoor is julle so bang?
God sal vir jul nood laat oorgaan in sang. (Eks 14:13-14)

Die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan
Die water het soos ‘n muur langs hulle gestaan! (Eks 14:21-22)

God het die Egiptenare verwar en en hul wiele het afgekom
Die see het oor hullle gestroom – elke mond het verstom! (Eks 14:24-28)

Die volk is met ontsag vir God gevul
Hulle kon glo dat God beloftes vervul! (Eks 14:33)

Hulle sing toe ‘n lied tot God se eer:
Hoogverhewe is die Heer!

Dit was God se vinger:
Perd en strydwa is in die see geslinger! (Eks 15:1)

U, o Here is my krag.
U beskerm my in die nag.
Die Here oorwin die stryd.
Sy naam is “Here”, vir altyd! (Eks 15:2-3)

Dit was God se vinger:
Perd en strydwa is in die see geslinger! (Eks 15:4)

U regterhand is gedug in krag.
Hoog verhewe is U mag. (Eks 15:6)
U red ons uit die dood.
Die vyand sink soos lood. (Eks 15:8-10)

Dit was God se vinger:
Perd en strydwa is in die see geslinger! (Eks 15:19)

U lei U volk met U hand
na U gewyde land. (Eks 15:13)
Wie is soos U, o Heer,
wat tot in ewigheid regeer? (Ek 15:11,18)

Dit was God se vinger:
Perd en strydwa is in die see geslinger! (Eks 15:21)

Kyk net wat in die Nuwe Testament staan:
Christus het deur die see met hulle gegaan.
Vanuit die wolk is hulle gedoop
tewyl hulle deur die see kon loop. (I Kor 10:1-5)

As die vyand agter jou rug
jou teen die see inwig,
vra God van jou ‘n geloofstree
in die wete Hy sal die uitkoms gee. (Heb 11:28-29, Ps 106:12)

Sien dan God se magtige vinger
as hy probleem die see in slinger.
Sing dan ‘n lied tot God se eer:
Hoogverhewe is my Heer!