Moses het goed verstaan
waaruit gebed moet bestaan:
Here, U was ‘n toevlug van geslag tot geslag.
Ja, U was God nog voor die eerste dag!
U laat die mens sterf – hy kan dit nie vermy,
maar duisend jaar is vir U in ‘n oogwink verby! (Ps 90:1-5)
Ons lewe maar omtrent net sewentig jaar,
waarin ons baie swaarkry en leed vergaar.
Leer ons om in dié dae wysheid te verkry,
dan ons sal juig as ons U liefde kry! (Ps 90:10-14)
Selfs as Jesus in gebed nader,
spreek hy God aan as Vader. (Joh 17:1)
Hy het God vir ons kom openbaar
ons moet Sy woorde aanvaar. (Joh 17:5)
In Getsamené word Jesus ook stil:
“Laat die lydenspad gaan soos U wil…” (Mat 26:39)
So, sorg dat jou gebed,
dié ware kenmerke het:
Bid tot God soos Hy hom in Sy Woord openbaar.
‘n Opregte eerbied sal jou selfkennis verklaar. (Ps 51:19, Jak 4:2-3)
Bid na Sy wil en vertrou Hy verhoor al klaar. (Joh 14:13-14, I Joh 5:14-15)
Leave a Reply