Het jy My dienaar Job gesien?

Job was vroom, ja, amper volmaak.
Hy was opreg besig met God se taak.
‘n Godvresende was hy
en het die kwaad vermy. (Job 1:1 1853 en 1983)

Hy was met sewe seuns en drie dogters geseën
en God het aan hom groot rykdom verleen.
Soms het sy kinders saam fees gevier
dan het Job hulle gereining deur die offer van ‘n dier. (Job 1:2-5)

Die hemelwesens het voor God vergaar.
Die Satan was ook daar.
“Waar kom jy vandaan?”
“Ek het deur die wêreld gegaan.” (Job 1:6)

“Het jy my dienaar Job raakgesien?
Hy is vroom en opreg terwyl hy My dien.”
“Raak aan die besittings wat hy so soek
en kyk of hy U nie in die gesig vervloek?” (Job 1:7-11)

“Kom ons toets dan jou klag:
Alles wat hy het, gee Ek in jou mag
Net aan homself mag jy nie raak!”
Die Satan is daar weg vir sy taak. (Job 7:12)

“Die osse was besig om ploegvore te kloof
toe het die mense van Skeba ons beroof.”
“Vuur uit die hemel het die kleinvee verteer…”
“Galdeërs het die kamele geroof, ons kon nie keer…”
“Die huis is omgeruk deur ‘n wind
en so sterf elkeen van u kind…” (Job 1:13-20)

Job het sy klere geskeur
as teken van sy treur.
In aanbidding het hy op die grond geval: (Job 1:20, 1983 en 1953)
“Prys die naam van die Here van die heelal:

Sonder iets het ek in die wêreld gekom.
Dit wat ek gehad het was alles van Hom.
Die Here het geneem, ek sal nie verwyt –
sonder iets gaan ek weer die wêreld uit.”(Job 1:21-22, 1983 en 1953)

Die hemelwesens het weer voor God vergaar.
Die Satan was ook weer daar.
“Waar kom jy vandaan?”
“Ek het deur die wêreld gegaan.” (Job 2:1-2)

“Het jy my dienaar Job raakgesien?
Hy is vroom en opreg terwyl hy My dien.
Sy gelyke sal jy nie kry: Hy het vroom gebly
al het jy hom so swaar laat kry.” (Job 2:3-4)

“Dit bewys nog niks. Raak aan sy liggaam
dan sal U U oor sy vervloeking skaam!”
Kom ons toets of wat jy sê is waar,
maar sy lewe moet jy spaar.” (Job2:5-6)

Satan het Job met pynlike swere getref van kop tot toon.
“Vervloek God en sterf”, het Job se vrou God verloon.
“Job: God het ons die goeie laat opgaar,
moet ons nie ook die slegte aanvaar?” (Job 2:7-10)

Gaan dit ook in jou lewe swaar?
Vra dat God jou sal bewaar
en dat Hy jou staande sal laat bly,
sodat Satan se planne jou nie onderkry.